Our love story
First date
Ons Liefdes verhaal vat ons al die pad terug na in die begin maande van 2010 waar ons mekaar die eerste keer ontmoet het deur gemeenskaplike vriende. Op n plot buite Glenharvie. Begin as vriende, maar smoor verlief op mekaar en in 2013 het ons die eerste stap in liefde gevat en vir n week "gekys". Len het vir Rochelle by die Randfontein skou oor die mikrofoon uitgevra. Maar ongelukkig het Len die pad gevat, letterlik, en Springs toe getrek.
Vir n hele paar jaar uit mekaar se lewe, hier en daar boodskappe gestuur.
Middel 2020, met Lockdown en alles in die pad, met n Facebook boodskap kruis ons paaie weer na al die jare. Altwee heel ander mense. Len het kom kuier en Rochelle se voete heeltemal onder haar uit geslaan. Rochelle het die eerste move gemaak en vir Len uitgevra op n date. Paintball gaan speel en by Spur gaan eet. Weereens smoor verlief op mekaar geraak. Dit het hom n oomblik of twee, of ses gevat om uiteindelik by die see voor haar Familie vir Rochelle te vra om sy meisie te wees.
Engagement
En 3 jaar later het Len op een knieg gegaan en vir Rochelle gevra om haar lewens paaie met hom te deel.
Ons was die 25ste November 2023 Gold Reef City toe vir ons 3 jaar anniversary viering wat die 27ste Novermber is.
Die 26ste November 2023 het ons n foto sessie gehad by Cradle Moon. Ons het n paar fotos geneem en Len het skelm fotos van Rochelle se verlowings ring geneem. Len het voor die waterfal op een knieg gegaan en vir Rochelle gevra om haar veraltyd met hom te deel.
Forever and Always
